• Teken in/Login
  • Kontak ons
  • Contact Us
  • Sensus/Census








"Afrikaners" is 'n etniese groep wat sy oorsprong in Suider-Afrika het. Die meeste Afrikaners kan hul DNA afkoms terugspoor na een of meer van die volgende hoofgroepe:
  1. Khoisan (die eerste mense van Suid-Afrika)
  2. Slawe (hoofsaaklik uit Wes-Afrika, Indonesië en Indië) gebring na Suider-Afrika
  3. Europeërs, wat in Suider-Afrika gevestig het vanaf die jaar 1652 of daarna.
 Dit dui ook op diegene wat deur hul assosiasie die Afrikaner kultuur, tradisies, en taal aanvaar het en identifiseer met die Afrikaner gesinswaardes, eerlikheid, integriteit en werksetiek..

Die meeste Afrikaners is tweetalig, praat Engels en Afrikaans met Afrikaans as die moedertaal van die meeste.

Afrikaner Eenheid
 Verskeie Afrikaner sub-groepe is gevorm tydens die laaste drie en 'n  half eeue (Basters, Boere, Kaapse Afrikaners, Kaapse Kleurlinge,  Griekwas, Oorlams, ens).   Die Internasionale Afrikaner Genootskap maak dit ons besigheid om hierdie groepe te verenig onder 'n enkele Afrikaner sambreel. Afrikaners is die meerderheid in hierdie streek.  Alhoewel Afrikaners amptelik beskou word as 'n minderheid in Suid-Afrika en Namibië,  neem die amptelike statistieke net die totale bevolking van  hierdie lande in ag. Wanneer daar na die bevolking per streek gekyk word, vertel die foto vertel 'n heel ander storie.




Internasionale teenwoordigheid
 Afrikaners het Suid-Afrika begin verlaat  in klein groepe van 1890 af na die hedendaagse Zimbabwe, Namibië, Argentinië, Kenia, Noord-Mexiko en  die suidelike Verenigde State van Amerika. Maar sedert  1994, het meer as 'n miljoen Afrikaners  Suid-Afrika verlaat, met verwysing  na geweld, misdaad, rassepolarisasie en ekonomiese uitsluiting as die vernaamste redes.


Lande met 'n beduidende Bevolkings (Beramings)


Suid-Afrika
9326000

Verenigde Koninkryk
550000

Namibië
365000

Australië
145000

Verenigde Arabiese Emirate
100000

Verenigde State van Amerika
85000

Nieu-Seeland
55000

Zambië
41000

Kanada
40000

Botswana
20000

Getel
 Die bevolkingsberamings hierbo is afgelei van die amptelike sensus en ander rapporterings inligting.   Die  Internasionale Afrikaner Genootskap is tans besig met 'n projek om die  aantal Afrikaners in verskeie dele van die wêreld meer akkuraat te  bepaal.  
As jy 'n Afrikaner is, wil ons graag jou en jou familie insluit.  Teken vandag nog aan, dit neem net 'n paar minute en geen finansiële verbintenis word verwag nie.